LRP Suid-Afrika geniet ‘n prettige Interlaer saam met leerders!
'Dankie aan al die skole wie se leerders ons dag super-genotvol gemaak het,' sê LRP

LRP Suid Afrika het die voorreg geniet om op 12 Februarie 2025 die Vaal Interlaer by te woon.
“Ons het die dag spandeer saam met leerders en fakulteite van verskeie skole …en hul opgewondenheid was aansteeklik,” sê Celeste Sonnekus van LRP SA se Sake-ontwikkeling.
“Die gees was ongeëwenaar en het oorgeborrel toe LRP se gelukbringer teen Barend die Arend, van Laerskool Eligwa, ‘n wedloop gehardloop het. Die oomblik was senutergend toe Barend op die drumpel van die wenstreep struikel, maar gou weer sy voete kon vind om gelykop te eindig met Oakley die boom. LRP Suid Afrika is trots om met ons gemeenskap se skole in dieselfde juk te trek en ywer om deurlopende diens aan hulle instansies en leerders te bied.

“LRP Suid Afrika wil graag vir Oliver Lodge Primary School bedank vir die puik koördinering van die byeenkoms. So ook wil ons vir Laerskool Eligwa bedank vir hul geesdriftigheid tydens die gelukbringer-wedloop, julle is tops!
“Leerders van Oliver Lodge, Laerskool Eligwa, Laerskool Emfulenipark, Laerskool DF Malherbe, Vaal Triangle Preparatory, Barrage Primary, Ikokobetseng Primary en Tshirela Primary het ons stalletjie met ywer ondersteun en hul deelname aan die verskeie kuns-aktiwiteite en opvoedkundige spel het ons dag super-genotvol gemaak! Baie dankie vir elkeen se deelname.”
LRP Suid Afrika – Waar kwaliteit en gerief ontmoet.

LRP Suid Afrika is ‘n alomvattende diens-, produk-, en skryfbehoefte verskaffer. Skakel ons gerus, of stuur ‘n WhatsApp aan 084 580 5641 vir ‘n pligvrye kwotasie. Alternatiewelik kan kliënte ons e-pos by sales@lrpsa.com of ons winkel besoek by 6A Delius Straat, SW5, Vanderbijlpark.
