Kies ‘Contractor Near Me’ vir gemoedsrus met bouwerk en huisverbeterings
CNM skep meer werk vir kontrakteurs én maak dienste meer bekostigbaar vir die publiek.
Daar is min dinge so bevredigend vir huiseienaars soos om verbeterings aan hul eiendom te laat aanbring… soos om ‘n motorhuis in ‘n tuinwoonstel te omskep, ‘n kuierplek aan te bou, ‘n badkamer of kombuis te vernuwe of selfs ‘n aftreehuisie te laat bou. Die Vaaldriehoek het talle uitstekende kontrakteurs, maar hoe kan jy seker wees die een wat jy kies, is betroubaar en het die nodige kundigheid – en gaan nie dalk met jou swaarverdiende geld verdwyn nie! Bangmaakstories van dié aard word deesdae gereeld in koerante en op sosiale media gesien.
Dis om dié rede dat die bekende bou-ondernemer Zandré van der Westhuizen, “Contractor Near Me” (CNM) gestig het.
“Ek het CNM begin omrede daar baie ‘fly by nights’ in die bedryf is. Daar is baie skrikverhale van kliënte wat agterna met substandaardwerk sit sonder dat hulle teen die kontrakteur kan optree. Of hulle verloor hul deposito of die volle bedrag wanneer ‘n oneerlike kontrakteur daarmee wegstap,” sê Zandré.
Zandré is ‘n gerekende bouer wat na jare se ervaring in die Suid-Afrikaanse boubedryf, naam gemaak het as ‘n uitblinker. Deur CNM keur en betrek hy en sy span nou net die beste kontrakteurs wat met gemoedsrus aan kliënte voorgestel kan word. Buiten dat kliënte dan weet dat hul werk deur betroubare, vaardige en gelisensieerde kontrakteurs gedoen gaan word, verskaf CNM ook deeglike projekbestuur dwarsdeur die proses. En boonop kom alles teen ‘n billike koste. Omdat CNM in ‘n posisie is om goeie afslag met verskaffers te beding, trek kliënte voordeel uit die besparings op materiaalkoste.
“CNM neem ‘n baie klein persentasie wins en vra nie projekbestuursfooie nie. Ons wil ‘n verskil in die Vaaldriehoek maak en verkies om eerder ‘n groot aantal klein projekte teen ‘n lae wins in te kry as net ‘n paar groot projekte teen hoë wins. Op dié manier help ons nie net die gewone man wat bekostigbare werk wil laat doen nie, maar ook om werksgeleenthede vir meer kontrakteurs te skep.”
Hoewel CNM tans toespits op kleiner projekte, het hulle reeds hul staal gewys met groot nasionale projekte – onder andere afrondingswerk aan Mediclinic Emfuleni se nuwe uitbreiding.
Bouersbloed loop sterk deur Zandré se are. Sy pa was as siviele tegnikus aan die Departement van Waterwese verbonde en was in sy werksjare by verskeie groot projekte soos die Vanderkloofdam, Jozini-dam en die Beitbrug betrokke – en ook by die Vaaldam-projek toe die damwal in die 1980’s verhoog is. “Ek dink dis waar my liefde vir die konstruksiebedryf onstaan het. Dan is daar ook my swaer en broers wat al jare in die konstruksiebedryf is en by wie ek baie geleer het,” sê Zandré.
“Nou probeer ek terugploeg in my mense en gemeenskap. Soos CNM se projekte meer raak, wil ek nog jong projekbestuurders ‘n kans gee en hulle dan oplei in alle fassette van ‘n CNM-projekbestuurder,” is sy doelwit.
Bou- en ontwikkelingswerk is nie Zandré se enigste passie nie. Rugby is ook ‘n geliefde tydverdryf. Hy het al die jare na skool in die Vaaldriehoek rugby gespeel, eers by Vereeniging Rugbyklub en later by NWU Vaal, waar hy vir die eerstespan uitgedraf het. Na ‘n besering is hy as lid van die afrigterspan van die Young Guns (NWU O/21’s) aangestel. Deesdae is hy een van die span afrigters van die Hoërskool Driehoek se eerstespan. “Die Vaaldriehoek is my mense en my gemeenskap. Ek wil graag hier betrokke wees en ‘n verskil maak,” sê Zandré.
‘n Paar van die projekte waarby Contractor Near Me betrokke is of was:










Foto: Nuwe uitbreiding by VUT waar CNM die pleisterwerk en gespesialiseerde eksterne “marmoran” bedekkings gedoen het.
“Contractor Near Me” bied verskeie dienste aan soos klein of groot aanbouings, nuwe bouwerk, loodgieterswerk, elektriese werk, teëls, sonkrag, ingeboude kaste, badkamer- en kombuis-opknappings en vele meer. Besoek hul webblad by https://contractornearme.co.za/ vir meer inligting. Kontak CNM by 068 550 3441 vir kundige, persoonlike aandag.
