Local newsNewsNews
Sasolburg Rugbyklub se eerste Battle of the Clubs
SASOLBURG - Die Sasolburg Rugbyklub, tuiste van die Cobras, het verlede naweek sy eerste Battle of the Clubs in sy 73 bestaansjaar aangebied.

Dit was ‘n suksesvolle dag en Sasolburg het boonop ‘n reuse oorwinning oor sy eweknie van Edenvale behaal (60-0).
Die klub sien nou uit na die President Cup wat op 5 April afskop. Die Cobras kom in sy eerste tuiswedstryd teen die span van Brakpan te staan.
“Ons hoop om vanjaar die Top 8 in die liga te behaal,” sê Christo, woordvoerder vir die Cobras.
Hy herinner spelers ook aan die 7s Toernooi later die seisoen, asook die klub se jaarlikse gholfdag.
Spelers wat by die klub wil inskakel kan oefeninge op Dinsdae en Donderdae van 18:00 tot 20:00 by die DP de Villiersstadion byewoon.



At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.