The Zen Den: Vertroeteling vir liggaam en gees!
Kontak The Zen Den se kundige span by 061 320 0123 om te bespreek
Cedar Hair & Beaty, en D’vida Wellness Spa in Drie Riviere span nou kragte saam en het onlangs The Zen Den geopen om kliënte ‘n omvattende bederf-ervaring te bied.
Die stylvolle amptelike opening het op 24 April by The Zen Den in Genl. Hertzogweg 108, Drie Riviere plaasgevind.
By dié nuwe skoonheidshuis kan kliënte alles ervaar van spa-behandelings en masserings tot haarstillering (vir dames én mans), naelversorging, professionele grimering, wimperverlengings en baie meer. Rond alles af met iets heerlik om te eet of drink by die verwelkomende Zen Den Café.
Die spa het ‘n holistiese benadering tot behandelings, wat jou nie net met ‘n splinternuwe voorkoms nie, maar ook ‘n warm en tevrede innerlike sal laat huis toe gaan! Kom alleen of bring ‘n vriendin vir ‘n dag van heerlike vertroeteling vir liggaam en gees!






Kontak The Zen Den se kundige span by 061 320 0123 om te bespreek
