Local newsNewsNews

Skoolhoof en onderwysers word voor skoliere ‘gearresteer’

Die skoliere het geskatterlag terwyl die onderwysers weggevat is

VAALPARK – Woensdag 14 Mei het die klaskamertafels geskud soos die skoliere lag toe die Primêre Skool Lumiere hul Breek die Reëls-dag gehou het.

Leerders het in ’n skreeusnaakse stemming besluit wie van hul geliefde onderwysers in hegtenis geneem moet word.

Die “skuldiges”,  ’n paar dapper siele wat die uitdaging met albei hande aangegryp het, was die hoof mnr. Kriel, mnr. Wickus, Juffrou Hanli, Juffrou Christie en Juffrou Lizzy.

Met sirenes wat loei en ’n regte polisievangwa op die toneel het die “arrestasies” voor juigende leerders plaasgevind wat die hele speletjie gate uit geniet het.

Mnr. Lihan Kriel, hoof van Lumiére Primêr, word “gearresteer”.

Die leerlinge is baie aan @PublicEyeVaalpark verskuldig want dis nie elke dag dat jy sien hoe jou skoolhoof in ’n polisievoertuig weggery word terwyl jy op die gras sit en popcorn eet nie.

Mnr. Wickus Botha in boeie.
Mnre. Wickus Botha en Lihan Kriel in die vangwa.
Help! Ek’s onskuldig.
Juffrou Lizzie word weggevat.
Kom saam met ons!

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button