Local newsNewsNews
Ons weet wat ons weet
Dis husse met lang ore is ‘n Afrikaanse gesegde waarmee vele grootgeword het, maar wat dink ons lesers is dit en hoe lyk dit? Gerda Bruinette het op Facebook gevra.
Riley Hayes Haha, ek het later uitgevind, vir my beteken dit: Vir my om te weet en vir jou om uit te vind.

Amelia van Wyk Dit lyk soos ‘n Afrikaanse tokkelossie haasagtige laaaaaannnnggggg oor 24 potige iets wat regop staan/loop.

René Smit Ek het as kind gedink dis gemmerwortels.

Yolandé Venter O, dit was baie goed toe ek klein was.

Zani Neethling Al wat ek weet is dit lyk soos goed wat niks met ons te doen het nie. Ek weet nie wat dit is nie en hoe dit lyk nie, want dis nie iets wat ek hoef te weet nie.

Antionette Bekker Boonzaaier Die antwoord wat ek gekry het elke keer as ek my ma gevra het wat eet ons vanaand.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
