Onnie se brief aan ouers
Hierdie brief van 'n onderwyseres het op sosiale media aandag getrek, en ons deel dit graag met ons lesers.
My hart is seer. Ek skryf hierdie terwyl ek weet hier is van my eie skool se ouers, asook vriende wat ouers is op my FB. Ek is n kwaai juffrou maar die kids weet hulle is veilig by my.
Vrydag moes ek meer as 12 kids se trane afvee. Waar die lyfies ruk van hartseer. Graad vier tot graad sewes.
Die vraestelle en punte word uitgedeel in die klas, en dan moet hulle die punte huis toe vat. Elke kind het gehuil want hulle dink hulle punte gaan nie goed genoeg vir hul ouers wees nie. Elke lyfie wat ek moes troos het ek dan gevra “maak jy dit nie?”
En dan kom die antwoord “ek het 70% en 60% juffrou, maar my ma-hulle gaan nie dink dis goed nie.”
Ek wou vir julle ‘n hengse post opsit waar ek vir ons almal. myself inkluis wou preek, maar ek gaan nie. Jy kan self hieroor gaan nadink. Ons is die grootmense, ons weet van beter. Tye verander, die werk is moeiliker as dit wat ons op skool gedoen het, en wees eerlik jy het self nie straight A’s of heeltyd 80% gekry nie.
Sê vandag vir jou kids hulle is goed genoeg.
Leer hulle liewer om hulself lief te hê, dit is iets waarmee baie volwassenes steeds mee sukkel.
Daniel Bredenhand het bygevoeg:
Dit is wonderlik om nog te sien dat daar goeie onderwysers is. My dogter is ook ‘n hoërskool onderwyseres.
In my dae op skool het ek onderwysers gehad wat jou afgebreek het omdat jy ‘n arm spoorweg kind was.
Jy was nooit goed genoeg nie, en jy sal dit nie maak nie. Ook baie dragslae onregverdig gekry. Maar vandag is ek pensioenaris wat die lewe oorwin het en my kind se onderwysgraad kontant betaal het.
Ek wens ek kon daardie onderwysers weer ontmoet. Meeste van die tyd dit nooit vir my ouers genoem nie.
Gelukkig het ek wonderlike ouers gehad, wat my altyd gemotiveer het en in hulle kind geglo het. Mooi dag.
