Local newsNewsNews

Chaos oor water- en krag-rekeninge

Munisipale-rekeninge wat inwoners na hul asem laat snak het, het die afgelope twee weke baie chaos veroorsaak.

VANDERBIJLPARK – “Die onbillike optrede van ELM om inwoners met stukkende krag- en watermeters buitensporig aan te slaan, kan nie langer geduld word nie”.

Raadslid Gerda Senekal van die VF Plus sê verder dat verbruikers wat hierdie soort rekeninge ontvang het, meestal reeds die stukkende meters aangemeld het, maar dit kan nie vervang word nie omdat die munisipaliteit nie voorraad het nie.

Raadslid Gerda Senekal.

Baie inwoners wag glo reeds ‘n jaar of drie vir hul meters om vervang te word.

Senekal het ook kommer uitgespreek oor inwoners wat van boorgatwater gebruik maak, maar steeds ‘n geskatte waterrekening ontvang.

“Inwoners wat by die party kom kla het, het in een maand drie jaar se geskatte water- en rioolrekening ontvang. Een inwoner se waterrekening was R40 455 en riool R6 649. ‘n Ander wat water uit ‘n boorgat pomp, moes R30 035 vir water en R6 648 vir riool betaal,” sê Senekal.

Sy verduidelik dat die munisipaliteit se tariefboek vir die 2025/26-finansiële jaar word onleesbare, foutiewe of nie-funksionele watermeters teen ‘n vaste tarief van 30 kiloliter per maand aangeslaan.

“Die tarief is onregverdig omdat baie verbruikers nie soveel water per maand gebruik nie”.

In die geval van kragverbruik kon die party geen spesiale voorsiening vind wat die proses verduidelik wanneer ‘n kragmeter buite werking is, of wat die proses uiteensit nie.

Die VF Plus het in ‘n brief aan die departement van finansies die volgende vrae gestel:
· Watter rekeningbeleid word toegepas wanneer ‘n water- of kragmeter vir ’n lang tydperk foutief of onleesbaar is?

· Word daar ‘n standaardverbruik of geskatte verbruik toegepas? Indien wel, wat is die vasgestelde syfer?

· Is hierdie praktyk konsekwent toegepas oor die afgelope drie finansiële jare?

· Is daar enige bepalings in die munisipale verordeninge of kredietbeheerbeleid wat voorsiening maak vir: Terugwerkende aanpassings of betwisting van heffings wanneer ‘n fout bevestig word?

“Inwoners van Emfuleni kan nie langer onregmatig behandel word nie. Die VF Plus sal aanhou druk op die munisipaliteit toepas om te sorg dat verbruikers regverdig behandel word,” het Senekal afgesluit.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button