Ope skaaktoernooi by Eureka skool
Dis amper weer tyd vir Eureka se Ope Skaaktoernooi. Inskrywings sluit 24 Julie.
VEREENIGING – By die Eureka skool vir leerders met erg verstandelike en liggaamlike gestremdhede gebeur daar altyd iets. Die derde kwartaal is geen uitsondering nie.
Hulle skop af met hul jaarlikse Ope Skaaktoernooi wat op 26 Julie gaan plaasvind.
Die toernooi groei elke jaar met deelnemers in verskillende kategorieë van skaakmeesters tot by Eureka se eie skaakspan. Dan is daar natuurlik ook die pret afdeling.
Hierdie jaar beloop die prysgeld vir die ernstige skaakspelers R21 000. Die toernooi vind by die skool plaas en daar word op die dag nie net skaak gespeel nie. Daar is ʼn teetuin, ʼn koek wat uitgeloot word en speletjies vir kinders.
Inskrywings vir die skaaktoernooi is reeds oop en sluit 24 Julie op Chess Hub. Kontak Chirna Kruger vir meer besonderhede by 083 546 6998.
