Local newsNewsNews

Top spelers in aksie by Vodacom Origins of Golf-toernooi in Parys

PARYS - Dié dorp gaan vanaf middel Augustus die middelpunt van belangstelling wees.

Nie net vind die opwindende Rally 400 daar plaas nie, maar die Vodacom Origins of Golf-toernooi gaan vir die eerste keer sedert 2018 daar aangebied word.

Dié gesogte toernooi is bekend vir sy ProAm-formaat en sy rol om gelykheid in die sport te ondersteun.

Die reeks bestaan uit verskeie byeenkomste wat by verskillende gholfbane regoor die land gespeel word.

Die toernooi bied ‘n platform vir Suid-Afrika se opkomende professionele gholfspelers om mee te ding en ervaring op te doen.

By die toernooi in Parys kan groot name in gholf-geledere, soos onder meer Ockie Strydom, JJ Senekal, Oliver Bekker, George Coetzee, Jaco Ahlers, Hennie Otto, Christiaan Burke, Jaco van Zyl en Doug McGuigan verwag word.

George Coetzee. Foto: George Coetzee Facebook

Die toernooi vind van 13 tot 17 Augustus by die Parys Golf & Country Estate plaas en skop af met die ProAm, wanneer professionele spelers saam met amateurs sal speel. In totaal sal 120 spelers deelneem.

Al die professionele spelers, waaronder nege dames, sal van 15-17 Augustus weer in aksie wees vir die Sunshine Toer-reeks. Die dag se spel begin om 07:00.

Plaaslike gholfliefhebbers word genooi om in die opwinding te deel en saam met die spelers op die baan te stap.

Die gholfbaan is bekend vir sy besondere natuurskoon. Die rivier kan op 14 van die 18 putjies gesien word.

Die gholfbaan is sowat 20 jaar gelede deur Cobie le Grange ontwerp, en is oor die jare verskeie nasionale toernooie waaronder die Sunshine Tour en Senior Sunshine Tour al hier aangebied.

Dit word bestempel as ‘n uitdagende baan.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button