NewsNewsSport

‘n Kolfbeurt vir die boeke

HS Driehoek se o15's het HS Sasolburg se boulers aan flarde geslaan, maar dit was meer 'n gelykopstryd tussen die eerstespanne.

VANDERBIJLPARK – Op 23 Augustus het die Hoërskool Driehoek se o15 seuns krieketspan ‘n uitmuntende vertoning teen die Hoërskool Sasolburg (SHS) gelewer.

Die Hoekies het eerste gekolf en ‘n allemintige 442/4 in 50 boulbeurte aangeteken. Die kolfheld van die dag was Christiaan Schoeman wat 285* (192 balle) geslaan het.

Hul sterbouler was Divan Dreyer wat in ses beurte slegs 19 lopies afgestaan het, maar vier paaltjies gevat het.

Om met die wete op die veld te stap dat jy 443 lopies in 50 boulbeurte moet aanteken, sal enige span se moed breek. Soos wat die Protea krieketspan sal kan getuig nadat hul Sondag tevergeefs probeer het om Australië se 432 lopies na te jaag.

Die Sasolburgers se laaste paaltjie het in die 27ste boulbeurt geval met slegs 137 op die telbord. Die Hoekies se o15’s het met 305 lopies gewen.

Hul eerste span het ook Saterdag SHS aangevat. Hier was sake van die begin af meer gelykop. Die Hoekies was in die 32ste boulbeurt almal uit vir 167, met Rico Kruger wat met 58 lopies van 76 balle die beste kolfvertoning gelewer het.

Die Hoërskool Sasolburg kon daarna slegs 141 lopies aanteken voordat hul laaste kolwer ook in die 30ste boulbeurt pawiljoene toe gestuur is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button