Local newsNewsNews

Gauteng Skaak loof Sedibeng vir puik toernooi

Skaakpresident is vol vertroue dat Sedibeng groot toernooie met welslae kan aanbied.

VANDERBIJLPARK – Hy was eers ‘n Ongelowige Thomas, maar na die naweek se Gauteng Inter-streek Skaakkampioenskap staan hy bankvas agter Sedibeng Skaak om enige toernooi aan te bied.

Dit het Vicky Magu, president van Gauteng Skaak, tydens gisteraand se prysuitdeling by die Emerald Casino te kenne gegee.

“Ek was skepties, maar ek moet erken Sedibeng het nie net aan die standaarde van vorige toernooie voldoen nie, maar dit oortref,” het Magu in sy toespraak gesê.

Vickey Magu (middel). President van Gauteng Skaak oorhandig ‘n toekenning tydens die prysuitdeling.

Volgens Hannes Mittemaier, president van die Sedibeng Skaak, is hy baie trots op sy plaaslike reëlingskomitee wat maande lank skouer aan die wiel gesit het om die droom vlerke te gee,

Hannes wat ‘n ingenieur van beroep is het dit soos enige groot projek benader, maar ook verseker dat hy homself met kundige mense omring het.

Sowat 1100 skaakspelers het die naweek aan die kampioenskap deelgeneem en volgens Magu kan Sedibeng  ʼn sterk aanspraakmaker wees om die Statebond-toernooi in 2027 aan te bied.

Hannes Mittemaier. president van Sedibeng Skaak/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button