Local newsNewsNews

Driehoek-seun se liggaam gevind

Raaisel is steeds onopgelos oor omstandighede van sy dood

VANDERBIJLPARK – Die liggaam van die 17-jarige, Thomas Sithole, ‘n leerling aan die HS Driehoek, wat tydens ‘n bootreis Vrydagaand op die Vaalrivier vermis geraak het, is vanoggend digby Abrahamsrus gevind.

Volgens ‘n betroubare bron het twee seuns op waterponies naby Stonehaven on Vaal digby die brug op Sithole se lyk afgekom.

Sithole het saam met vriende per boot by ‘n bekende kuierplek langs die Vaalrivier gaan kuier en glo op pad terug van die boot afgeval. Dit het glo omstreeks 18:00 plaasgevind maar sy familie is eers 22:00 die aand in kennis gestel.

Volgens ‘n betroubare bron in die polisie het die uiteenlopende verklarings van die mense aanboord dit onmoontlik gemaak om polisieduikers in te stuur.

Niemand kon met sekerheid aandui waar die Sithole van die boot afgeval het nie. Duikers kan net ‘n sekere hoeveelheid ure per dag duik en dit kon nie gewaag word om hierdie duik-ure op ‘n verkeerde plek te vermors nie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button