NewsNews

Ek sê maar net… ‘n Lysie hier, ‘n lysie daar en die vakansie is klaar

RUBRIEK - Geen nuwejaarsvoornemens vir my nie, ek kon nie eens by alles op my lysie vir Desember uitkom nie!

RUBRIEK – Jare gelede het ons altyd my ma geterg oor haar dagdrome rondom haar jaarlikse bonus.

Die is in Desember uitbetaal, maar sy het al vroeg in die jaar begin vertel wat sy alles met die bonus wil koop. Natuurlik wensdenkery.

Teen die tyd wat die bonus uitbetaal het, het dit wat oorgebly het na belasting nie veel gelos om oor huis toe te skryf nie.

Die afgelope Desember vakansie voel vir my soos een van my ma se ou bonusse. Ek het weke vooraf begin om lysies te maak oor wat ek alles in die vakansie gaan doen.

In my geestesoog was die huis van bo tot onder skitterblink, die kaste was almal netjies met net die nodigste dinge daarin en daar was nie meer 10 bokse vol boeke in die sitkamer nie.

Ek het reikhalsend uitgesien na die verlof. Nie vakansie nie. Vakansie is wanneer jy ‘n tas kan pak en verkieslik in ‘n ander provinsie kan gaan ontspan.

Op vakansie kon ek nie gaan nie, want vir die eerste maal was dit net ek en die drie Pekinese en die goedjies was in al hul jare nog nooit in een of ander vorm van honde akkommodasie nie.

Toe maak ek maar die lysies. Het ek by alles uitgekom? Nee. Van die kaste is nou uitgesorteer. Van die goed kon ek op die lysie aftik.

Ek het selfs die lysies op ‘n stadium oorgedoen.  Meer realisties gedink…. Ja, nè! Dit was meer ‘n geval van uitstel kom afstel.

Ek het wel hordes kort video’s oor honde op Facebook gekyk. Die heel tyd het ek gedink daar is nog baie tyd, ek sal dit môre doen.

Môre het volgende week geword en ek het geheel vergeet watter dag dit is. Ek weer oë uitvee toe sit ek op die bed met die drie honde en luister na die vuurwerkbomme wat afgaan.

Antjie het so geskrik, sy het sommer met Bessie begin baklei. So besef ek dis 1 Januarie, maar ek besef nie dis al Donderdag nie.

Ek wou nog ‘n paar goed op die lysie doen, maar helaas… Ook goed so, want die 5de het my soos ‘n sneltrein getref en sedertdien was daar nog nie weer tyd vir lysies maak nie. Sela!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button