NewsNewsSport

Adri mik vir Gauteng titel, maar kort finansiële hulp

Adri Roux (8) het die potensiaal om nog baie titels te verower, sy kort net die kapitaal.

VANDERBIJLPARK – Adri Roux leef vir haar skopboks. Sy was vier jaar oud toe sy daarmee begin het en intussen het haar passie vir die sport net gegroei.

“Ons het destyds besluit sy moet skopboks doen, omdat sy baie skaam was. Sy het altyd agter my bene weggekruip en natuurlik vir selfverdediging,” beduie haar ma, Brumilda Ferreira.

Adri neem ‘n skopboks posisie in. Foto’s/Facebook

Nooit het hulle gedink die sport sou so ‘n groot verandering in Adri se lewe bring nie. Sy het ontpop in ‘n ekstrovert met hope selfvertroue en gesels ‘n hond uit ‘n bos uit.

In 2024 was sy die Afrika Kampioen in haar ouderdomsgroep en gewigsafdeling en het sy sewende op die wêreldranglys gestaan.

Klik op die skakel om die back a buddy rekening te gaanl

Sy het hierdie jaar besluit om weer kompeterend mee te ding. Met die Sedibeng Proewe reeds suksesvol in die sakkie, sien sy nou uit na die Gauteng Kampioenskappe op 7 Februarie en die Suid-Afrikaanse kampioenskappe wat vanaf 25 -28 April in die Weskaap gaan plaasvind.

Om op provinsiale en nasionale vlak deel te neem kos egter baie geld. Haar ouers het daarom ʼn back-a—buddy begin om van die uitgawes te dek.

Enige donasies is welkom. Help Adri om haar drome te verwesenlik.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button