VANDERBIJLPARK – Ayanda Dludla (22), die bestuurder van ’n skoolvervoer-taxi, wat in ’n grusame ongeluk betrokke was waarin 14 kinders gesterf het, bly agter tralies.
Hy word nou op 14 aanklagte van moord, drie van poging tot moord, bedryf skoliervervoer sonder ‘n geldige permit en bestuur sonder ‘n Publieke Bestuurs Permit (PrDP) aangekla.
Hy word deur die regshulpraad verteenwoordig. Hy het sy borgaansoek laat vaar en sal in aanhouding bly tot sy volgende verskyning. Die saak is tot 5 Maart uitgestel om die polisie kans te gee om die saak verder te ondersoek.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
