Meer as R2 miljoen se vervalste goedere in Vereeniging gekonfiskeer
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se eenheid teen vervalste goedere (ook bekend as nepprodukte) het die week in Vereeniging toegeslaan.
Drie operasies is die week uitgevoer, waarvan die een in Vereeniging die grootste was.
Die operasies is:
-
Maandag, 02 Februarie: In Protea, Johannesburg, het die polisie beslag gelê op 1 101 vervalste verbruiksgoedere en sokkies met ‘n waarde van R85 965,00.
-
Dinsdag, 03 Februarie: In Garsfontein het die polisie beslag gelê op 569 vervalste selfoonbykomstighede met ‘n waarde van R489 450,00.
-
Donderdag, 05 Februarie: In Vereeniging het ‘n gesamentlike operasie beslag gelê op 3 400 items, insluitend klere, pette, T-hemde en horlosies, met ‘n waarde van R2 200 000,00.
Die operasies het die Gautengse Eenheid teen Nepprodukte, die Nasionale Eenheid teen Nepprodukte, die Provinsiale Eenheid teen Nepprodukte, die Eenheid vir Kommersiële Misdaad, SAID-Doeane en plaaslike polisiestasies ingesluit.
Van die goedere waarop beslag gelê is:



