Local newsNewsNews
VF Plus se volgehoue druk werp vrugte af
ELM gaan uiteindelik verantwoordbaar gehou word vir besoedeling.
VANDERBIJLPARK – Die Vryheidsfront Plus se stryd om die Vaalrivier van besoedeling te red gaan na meer as vyf vrugte afwerp.
Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) moet uiteindelik op 3 Maart in die hof verskyn om te verduidelik waarom miljoene liter onverwerkte riool daagliks in die Vaalrivier beland het.
Luidens ‘n verklaring wat deur Gerda Senekal, VF Plus-raadslid van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit (ELM) uitgereik is, het die VF Plus reeds in Mei 2020 ’n formele klag by die Groen Skerpioene ingedien en aangedring op ’n ondersoek .
Daar is ook ’n strafregtelike klag by die Vanderbijlpark-polisiekantoor ingedien teen die destydse administrateur. Die naam van die huidige munisipale bestuurder, April Ntuli, is later by die klagstaat gevoeg vir oortredings van die Nasionale Waterwet en ander omgewingswetgewing.
Die rioolstelsel het reeds in 2018 in duie gestort weens deurlopende verwaarlosing en ’n gebrek aan onderhoud.
Riool het vrylik deur strate, huise, begraafplase en paaie gevloei tot in die Vaalrivier en sy sytakke.
Die VF Plus se herhaalde waarskuwings aan die raad oor die ernstige gesondheids- en omgewingsrisiko’s is jaar na jaar geïgnoreer.
Die party het die saak ook onder die aandag van die menseregtekommissie (MRK) gebring wat na ’n deeglike ondersoek die besoedeling as ’n skending van inwoners se grondwetlike reg op ’n gesonde omgewing en skoon water verklaar het.
Die Gautengse departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) en die nasionale departement van water en sanitasie, het ELM amptelik verantwoordelik gehou vir die katastrofiese besoedeling
Die VF Plus beskou die ingryping van die Groen Skerpioene as ’n belangrike oorwinning wat ’n duidelike boodskap aan ELM stuur dat hy nie langer sal wegkom met die versuim om infrastruktuur te onderhou nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
