Local newsNewsNews
Laaste maand vir bruide om in te skryf
Februarie is die laaste maand om in te skryf vir Vaalweekblad se Bruid van die Jaar 2025-kompetisie. Inskrywings is gratis.
Bruide van die Vaal en omliggende dorpe (Vereeniging, Meyerton, Vanderbijlpark, Sasolburg, Deneysville, Parys, Frankfort en Vredefort) wat in 2025 die knoop deurgehaak het, word genooi om deel te neem.
Stuur dus jou mooiste troufoto (alleen, of as troupaar) met die nodige inligting (jul name en van, van watter dorp julle is, en wanneer julle getroud is) aan Penelope by penny@mooivaal.co.za.
Al die 2025 inskrywings sal in Vaalweekblad verskyn en sal ook deurlopend op ons webtuiste beskikbaar wees.
Hier is van die onlangse inskrywings:








At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
