Local newsNewsNews

Reënsboogskat vir Harry na perfekte storm

Hierdie Valie is 'n man op 'n missie.

VANDERBIJLPARK – Hy is ‘n moderne Renaissance man. Apteker, musikant, sportman, entrepreneur en goudverhandelaar, en die lys gaan aan en aan.

Dit wat hy doen, doen hy goed. Dit waaraan hy raak verander in goud.

Die 28-jarige Harry Broersma, ‘n oud-leerling aan die Hoërskool Driehoek, is ‘n man op ‘n missie.

Hy eet, werk, gim, slaap en herhaal. En dit is juis hierdie onwrikbare dissipline en sukses wat daaruit voortspruit wat ander groen maak van jaloesie.

“Ons het nooit gesukkel nie. Ons het alles gekry wat ons moes. Ons was nooit ryk nie, ons was middelklas.

My pa het ons geleer ons moet werk vir wat ons wil hê.” Hy weet ook wat die gesegde sente vir studente beteken.

Terwyl sy vriende gat geswaai en gedrink het, het hy as barista by ‘n koffiewinkel gewerk om sy sakgeld van R500 aan te vul.

Maar hy besef terdeë dat ‘n sterk karakter deur harde tye gebou word. Van bokdrolspoegkompetisies hou tot rugbyplakkate op die strand verkoop… hy het nog altyd ‘n sin vir besigheid gehad.

Op Varsity het een van sy ryk vriende hom genader om Forexverhandeling te begin doen.

Hy vertel met ‘n verleë glimlag dat sy eerste aandeletransaksie met R5 000, wat vir boeke bestem was, befonds is.

Hy het dit vinnig in R28 000 omskep. “My vriende het later opgehou, want hulle het dit nie werklik nodig gehad nie.

“Dit was vir my ‘n obsessie en Covid het toe vir die perfekte storm gesorg. Ek kon toe net op my musiek en trading konsentreer,” gee hy te kenne.

Volgens hom het alles gekliek toe sy boesemvriend Jean du Plessis, beter bekend as Jan Bloukaas, met terminale kanker gediagnoseer is en kort daarna gesterf het.

“Dit het my laat besef ons almal gaan doodgaan en wat wil ek met my lewe doen. Geld is nie die Alfa en Omega nie, maar gee ongelukkig vir jou vryheid.”

Vandag na agt jaar se bloedsweet, skoolgeld en tonne opofferings help hy nou ander mense om geld te maak.

Hy is nie verniet een van die beste, indien nie die heel beste, goud verhandelaar in Suid-Afrika nie. M

aar dis nie waar dit stop nie, hy het onlangs saam met sy vennoot ‘n aluminium maatskappy oorgekoop wat op die rand van bankrotskap was.

“Ons beplan om elke jaar ‘n besigheid of twee te begin. Mens moet uiteenlopende belange hê en nie al jou eiers in een mandjie sit nie.”

Verskillende strome van inkomste is volgens hom die geheim. Nuwe album Terloops wat sy musiekloopbaan betref bring hy binnekort sy nuwe album Een Jaar uit!

Hy is nou nie een populêre hop-hop spinnekop musiek nie, maar het dit laat deurskemer dat hy dalk eendag net moedswillig kan raak met platvloertreffers soos Kellogs en Kreatien.

Hy het glo genoeg ammunisie om die kommin-kanon te laat brul. Ons sal maar wag om te sien, maar dit is beslis nie die laaste sien van die blik kantien!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button