Valentynsdag-pret: Vir die liefde van ou motors
VAAL - Eienaars van klassieke en interessante motors word genooi om Saterdag (14 Februarie) aan ’n prettige "Breakfast Run" deel te neem.

Hierdie uitstappie bied die ideale geleentheid vir motorliefhebbers om hul voertuie ten toon te stel en saam met mede-entoesiaste te kuier.
Deelname is gratis en daar is ook geen fooi vir besoekers wat die dag saam wil geniet nie.
Die groep vertrek om 08:00 vanaf President Hyper in Vanderbijlpark.
Die roete van 27km kronkel verby Vereeniging en eindig by Biekie Bos in Meyerton, waar ’n vlooimark ook vir verdere vermaak sal sorg, en daar geneentheid sal wees om die motors van nader te besigtig.
Alle eienaars van klassieke/interessante motors word genooi om te deel in die dag se pret. Vir meer inligingting kontak Jason by 072 911 6333.
Nog van die motors wat te sien sal wees.



