DA bekommerd oor swak dienslewering
'n Stukkende munisipale vloot is die rede vir swak dienslewering.
SASOLBURG – Die gebrek aan dienslewering deur die Metsimaholo Munisipaliteit word veroorsaak deur ‘n munisipale wat nie instandgehou word nie.
So sê DA-raadslid, Jacques Barnard. Die Demokratiese Alliansie (DA) het vandeesweek sy ernstige kommer uitgespreek oor die voortslepende onvermoë om dienste te verskaf.
Barnard sonder die disfunksionele vloot en gebrek aan bruikbare operasionele voertuie van die Metsimaholo Munisipaliteit uit.
“Basiese dienslewering soos vullisverwydering, instandhouding van publieke areas, herstel van paaie vind nie plaas nie want die vloot is of gebreek swak instandgehou of nie beskikbaar nie. Met gevolg dat inwoners tevrede moet wees met vullis wat oorvloei, infrastruktuur wat agteruitgang en wat gesondheid- en veiligheidsrisiko’s inhou ” sê hy.
Barnard beweer dat in plaas daarvan om volhoubare vlootbestuur toe te pas word daar van eksterne diensverskaffers gebruik gemaak om kern munisipale funksies uit te voer.
Hoewel diensverskaffers ‘n ondersteunende rol kan speel moet die daar na die koste implikasie gekyk word gee hy te kenne.
“Inwoners betaal meer en ontvang minder. Die DA glo dat die munisipaliteit versuim om munisipale voertuie en bates te onderhou wat ‘n duidelike aanduiding is van swak bestuur, gebrekkige finansiële toesig en die afwesigheid van risikobestuur.
Hierdie voortdurende wanbestuur plaas verdere druk op die munisipaliteit se finansies en ondermyn die publiek se vertroue in die plaaslike regering,” het hy gesê.

Die munisiplaiteit se woordvoerder Dr. Gino Alberts is om kommentaar genader maar het teen tyde van publikasie nog nie op navrae reageer nie.
