Local newsNewsNews

Provinsie gaan vervalle brug herstel

Herstelwerk aan die Jim Fouché-brug kan al volgende week begin.

MEYERTON – Inwoners kla al jare lank oor die toestand van die Jim Fouché-brug oor die Kliprivier.

Nou is daar laat weet dat herstelwerk moontlik reeds volgende week kan begin.

Die DA in Midvaal het in ’n aanlyn plakkaat wat onlangs versprei is, gesê die Gautengse LUR vir Paaie en Vervoer, Kedibone Diale-Tlabela, het bevestig dat ’n kontrakteur aangestel is en dat herstelwerk op 16 Februarie 2026 sal begin.

Die party sê hy sal voortgaan om druk op die Gautengse Departement van Paaie en Vervoer uit te oefen totdat die brug veilig verklaar word.

Die brug oor die Klipriver in Jim Fouchéstraat. Foto: Christiaan Cloete

Volgens die DA volg die aankondiging nadat die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit by die LUR opgevolg het oor beloftes wat vroeër deur die departement gemaak is.

Vaalweekblad het verlede jaar berig oor hernude kommer rondom die brug, veral ná die opening van Riverstone Mall wat ’n merkbare toename in verkeersvloei meegebring het.

Die brug is reeds in 2022 en 2023 as ’n moontlike veiligheidsrisiko uitgewys.

Voertuie op die brug in Jim Fouchéstraat. Foto: Christiaan Cloete

Tydens ’n besoek aan die brug in 2025 is verdere tekens van agteruitgang waargeneem, insluitend erosie langs die pad se rand.

Die Midvaal Munisipaliteit het destyds bevestig dat die brug ’n provinsiale verantwoordelikheid is.

’n Gesamentlike inspeksie het ernstige erosie onder die brugdek en langs die kante bevestig.

Die brug in Jim Fouchéstraat. Foto: Christiaan Cloete

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button