Local newsNewsNews

Gedenkdiens op R59 ná skietery

Die gemeenskap het bymekaar gekom om die slagoffers en helpers te onthou.

MEYERTON. – Gemeenskapslede, nooddienste en sekuriteitspersoneel het Dinsdagaand by die Johan le Roux-afrit op die R59 byeengekom vir ’n gedenkdiens ter nagedagtenis aan die slagoffers van verlede week se massaskietery.

Die plaaslike sekuriteitsmaatskappy Sekuriteit Sonder Grense het foto’s van die geleentheid op hul Facebook-blad gedeel. In ’n boodskap het die maatskappy hul waardering uitgespreek teenoor alle rolspelers wat by die noodreaksie betrokke was.

Gemeenskapslede en nooddienste by die R59 tydens die gedenkdiens vir die slagoffers van die skietery. Foto: Facebook/Sekuriteit Sonder Grense

“Agter die kenteken en uniform is daar mense wat dinge sien wat niemand ooit behoort te sien nie,” lui die plasing. “Ons rou saam met die families. Ons staan saam met ons kollegas. Ons bly verbind tot hierdie gemeenskap.”

Die gedenkdiens volg nadat ’n minibus-taxi op 3 Februarie deur gewapende mans aangeval is. Ses mense, onder wie vier vroue, is dood en 18 beseer. Volgens die polisie was al die slagoffers van Lesotho.

Gemeenskapslede bymekaar langs die R59 vir die gedenkdiens na die skietery. Foto: Facebook/Sekuriteit Sonder Grense

Die drie verdagtes wat in verband met die aanval in hegtenis geneem is, het Vrydag in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklagte van moord, poging tot moord, kaping en die besit van ’n gekaapte voertuig.

Die saak is tot ’n latere datum uitgestel terwyl die ondersoek voortduur.

’n Wag van Sekuriteit Sonder Grense tydens die gedenkdiens langs die R59. Foto: Facebook/Sekuriteit Sonder Grense

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button