HS Sasolburg druk sy stempel af by Vaalrivier-byeenkoms
SASOLBURG - Atlete van 36 Vrystaatse skole (groot en klein) het onlangs aan die Vaalrivier Atletiekbyeenkoms, wat oor twee dae by die DP de Villiers-stadion aangebied is, deelgeneem.
Die Top 10 skole wat die meeste punte op die SASOL-tabel behaal het, is:
1. SHS Sasolburg – 107 885 punte en 118 medaljes, waarvan 53 goud, 38 silwer en 27 brons is.
2. HS Parys – 81 237 punte en 71 medaljes, waarvan 28 goud, 27 silwer en 16 brons is.
3. HTS Sasolburg – 45 084 punte en 39 medaljes, waarvan 15 goud, 11 silwer en 13 brons is.
4. AHS Sasolburg – 34 941 punte en 20 medaljes, waarvan 6 goud, 5 silwer en 9 brons is.
5. HS Heilbron – 33 206 punte en 19 medaljes, waarvan 8 goud, 4 silwer en 7 brons is.
6. HS Vaalpark – 30 540 punte en 20 medaljes, waarvan 5 goud, 5 silwer en 10 brons is.
7. Kahobotjha-Sakubusha High – 28 120 punte en 29 medaljes, waarvan 12 goud, 11 silwer en 6 brons is.
8. Sediba-Thuto High – 22 384 punte en 13 medaljes, waarvan 3 goud, 5 silwer en 5 brons is.
9. Yakhisizwe High – 18 871 punte en 11 medaljes, waarvan 4 goud, 5 silwer en 2 brons is.
10. Iketsetseng High – 17 534 punte en 14 medaljes, waarvan 5 goud, 7 silwer en 2 brons is.






