Local newsNewsNews

Marie se reuse-verrassing by Riviera Parkrun

VEREENIGING - Toe Marie Bezuidenhout onlangs as vrywilliger by die weeklikse Park Run by Riviera on Vaal ingespring het, het sy nooit kon droom dat daar so ’n reuse-verrassing op haar wag nie.

Marie is self ’n kranige drawwer wat gereeld die roete by Riviera aanpak. “Weens ’n kniebesering kon ek die afgelope maand nie self stap nie, maar ek wou steeds betrokke bly en het toe besluit om op Saterdae as vrywilliger te help,” vertel sy.

Dit was tydens haar vrywilligerdiens op 1 Februarie dat sy op ’n uitsonderlike vonds afgekom het: ’n enorme dennebol wat onder ’n boom gelê en wag het.

“Ek het nog nooit so iets gesien nie en kon hom beslis nie net daar agterlaat nie,” skerts sy.

Die dennebol is verbasend swaar, maar Marie het hom veilig huistoe karwei waar hy nou ’n ereplek in haar tuin geniet. Dit is ’n ware blikvanger wat gereeld nuuskierige bure en vriende nader lok om dié natuurwonder van naderby te beskou.

Behalwe dat dit mooi lyk in Marie se tuin, het dennebolle ook ander gebruike. Eekhorings en voëls is mal oor die olierige, proteïenryke pitte binne-in.

Vanweë die natuurlike harse daarin, brand hulle baie vinnig en warm—perfek om ’n braaivleisvuur mee te begin. Maar ons glo nie laasgenoemde is Marie se vonds (wat volgens inligting oor dennebolle, ‘n oud dame is) se voorland nie.

Marie Bezuidenhout van Vereeniging wys die reuse dennebol wat sy opgetel het.

Interessante feite oor dennebolle

Dennebolle word dikwels net as tuinafval gesien, maar hulle speel ’n kritieke rol in die voortbestaan van dennebome.’n Dennebol is nie ’n vrug of ’n blom nie, maar die reproduksie-orgaan van ’n denneboom (genus Pinus).

Daar is twee soorte:

Manlike bolle: Hulle is klein, sag en produseer stuifmeel. Jy sien hulle gewoonlik net vir ’n kort rukkie in die lente voordat hulle afval.

Vroulike bolle: Dit is die houtagtige “regte” dennebolle wat ons ken. Hulle dra die sade (dennepitte) agter hul skubbe.

Dennebolle gaan oop as dit droog is en toe as dit reën. Die rede daarvoor is dat die boom wil hê sy sade moet versprei wanneer dit droog en winderig is, sodat die ligte saadjies ver kan trek.

Anders as die meeste plante wat binne een seisoen saad skiet, vat ’n vroulike dennebol lank om volwasse te word. Dit neem gewoonlik twee tot drie jaar vanaf bestuifing voordat die bol volgroeid is.

Daar is wêreldwyd meer as 120 spesies dennebome, en elkeen het ’n unieke bol.

Die swaarste: Die Coulter pine se dennebolle kan tot 5kg weeg (hulle word dikwels “widow makers” genoem omdat jy nie wil hê een moet op jou kop val nie!).

Die langste: Die Sugar pine s’n kan tot 60cm lank word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button