Local newsNewsNews

ELM burgemeester stel 25 nuwe voertuie bekend

Daar word glo nog 30 voertuie verwag, asook 15 kompakteerders vir die vullisverwyderings-departement.

VANDERBIJLPARK – Die Uitvoerende Burgemeester van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, rdl. Sipho Radebe, het die week afgeskop met die bekedstelling van 25 nuwe diensleweringsvoertuie.

Die voertuie (15 bakkies en 10 sedans) is aan die Departement van Openbare Veiligheid oorhandig om veiligheid en sigbare polisiëring te bevorder.

“Vandag is ‘n beduidende stap in die verbetering van dienslewering. Ons bedank almal wat betrokke was om dit moontlik te maak,” het Radebe tydens die bekendstelling van die motors gesê.

Burgemeester Sipho Radebe. Foto: ELM

Dit is egter vir die meeste inwoners moeilik om te verstaan en dus net so moeilik om saam opgewonde te raak hieroor.

In ‘n onlangse mediaverklaring deur raadslid Gerda Senekal van die VF Plus in Emfuleni, was die stadsraads se mislukkings om skuldooreenkomste na te kom juis blootgelê.

In die verklaring kom dit aan die lig dat ELM se nakoming van skuld-ooreenkomste in die gerapporteerde tydperk (Oktober tot November 2025) verswak het vanaf 78% tot 76% en plaas ELM se toegang tot verdere Eskom-skuldaftrekkings in ernstige gevaar.

ELM het in Oktober 2025 slegs R178,5 miljoen van ’n rekening van R332,6 miljoen betaal, wat die totale agterstallige Eskom-skuld tot meer as R1,6 miljard laat styg het.

Nog ‘n rooi lig is die invorderingskoers vir November 2025 wat op ’n skokkende 69% gestaan het, ver onder die minimum vereiste van 85%.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button