Local newsNewsNews

ELM se skuldverligtingsverpligting-mislukkings blootgelê

Die jongste beoordelingsverslag van die Gautengse provinsiale tesourie bevestig dat die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit steeds faal om sy basiese finansiële en bestuursverpligtinge na te kom.

Dit ten spyte van buitengewone staatsingryping en skuldverligting sedert Junie 2023.

In ‘n mediaverklaring deur raadslid Gerda Senekal van die VF Plus in Emfuleni, het die nakoming in die gerapporteerde tydperk (Oktober tot November 2025) verder verswak. vanaf 78% tot 76% en plaas Emfuleni se toegang tot verdere Eskom-skuldaftrekkings in ernstige gevaar.

Volgens die mediaverklaring is van Emfuleni se kernmislukkings:
  • Eskom-skuld en wanbestuur:

Emfuleni het in Oktober 2025 slegs R178,5 miljoen van ’n rekening van R332,6 miljoen betaal, wat die totale agterstallige Eskom-skuld tot meer as R1,6 miljard laat styg het. Hierdie versuim is nie ’n tegniese fout nie, maar ’n teken van finansiële roekeloosheid en ’n gebrek aan die prioritisering van noodsaaklike dienste.

  • Strukturele bankrotskap:

Die 2025/26-tussentydse begroting is amptelik as onbefonds verklaar, terwyl tariewe vir elektrisiteit, water en riool steeds nie kostereflekterend is nie en geen tariefhervorming ingestel word nie.

  • Swak inkomste-invordering:

Die invorderingskoers vir November 2025 het op ’n skokkende 69% gestaan, ver onder die minimum vereiste van 85%. Kredietbeheermaatreëls soos waterbeperkings en voorafbetaalde elektrisiteitsblokkering word inkonsekwent toegepas, wat ’n kultuur van nie-betaling aanmoedig.

  • Administratiewe wanorde:

Fakturering en waardasie is in chaos omdat die faktureringstelsel en die raad se goedgekeurde algemene waardasierol nie ooreenstem nie.

  • Ondeursigtige verslagdoening:

Hoewel verslae ingevolge die Munisipale Finansiële Bestuurswet (MFMA) ingedien word, ontbreek kritieke elemente en bly verslagdoening onvolledig en ondeursigtig.

  • Misbruik van ring-omheinde fondse:

Inkomste uit water en elektrisiteit word nie eerste aangewend om Eskom en Rand Water te betaal soos dit moet nie, wat direk in stryd is met skuldverligtingsvoorwaardes. Die eerste jaar se skuldaftrekking is wel goedgekeur, maar steeds onafgehandel weens administratiewe onbevoegdheid.

“Wanneer al hierdie mislukkings saam beskou word, is dit duidelik dat Emfuleni sy eie redding in gevaar stel. Staatsteun is beskikbaar, maar wanbestuur ondermyn dit voortdurend.

“Indien dringende regstellende stappe nie binne 30 dae gedoen word nie, sal Emfuleni self verantwoordelik wees vir die verlies aan verdere skuldverligting met rampspoedige gevolge vir dienslewering en inwoners,” sluit Senekal af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button