Local newsNewsNews

Nagmerrie-ervaring by Sasolburg-hospitaal

Ma kla oor behandeling word deur personeel afgejak.

SASOLBURG – ‘n Ma en haar vier maande oue baba van die dorp is steeds erg getraumatiseer na ‘n nagmerrie-ervaring vroeër vandeesmaand by die Sasolburghospitaal. Volgens Monique Haywood (31) is haar babaseuntjie Juan hardhandig behandel, verkeerd gediagnoseer en aan onnodige trauma onderwerp terwyl hy in die hospitaal was.

“Nou by die huis kan ons nie naby hom beweeg of praat nie, want hy skrik en is vreesbevange. Hy huil in sy slaap. Mens kan nie naby sy voete kom nie,” vertel Monique.

Na ‘n besoek op 5 Februarie by ‘n algemene praktisyn, is Haywoodhulle na die Sasolburg-hospitaal verwys nadat Juan verkoue simptome getoon het en diarree ontwikkel het.

Hy het ook geweier om melk te drink en is vir moontlike dehidrasie na die hospitaal verwys vir behandeling. Hy is na ‘n lang gewag opgeneem weens longontsteking en ontwatering.

Dit was egter net die begin van hul nagmerrie. Volgens Lii Malindi, wat in dieselfde kamer as Juan was, was die behandeling wat hy ontvang het skokkend.

“Dis traumaties om te sien hoe hulle sy bene vasdruk en hom hardhandig behandel.

Al wat die kind gesoek het was sy ma. Hulle het nooit laat weet wat aangaan nie.

Eers nadat Monique gekla het, het hulle vir haar gesê wat aangaan.

Ek het by Monique geleer dat mens vir jou kinders moet baklei. Almal bly altyd stil. Hierdie verpleegsters was nie professioneel nie. Hulle vloek en skreeu op die mense,” het Malindi gesê.

Volgens Haywood was sy ook nie toegelaat om by te wees terwyl die verpleegsters Juan drips toegedien het nie. Sy het egter deur die oop deur gesien hoe haar baba herhaaldelik platgedruk word en op albei voete met dripnaalde gesteek word, terwyl hy onophoudelik geskreeu het.

“Hy het so erg geskreeu dat sy stem later hees geword het en toe was dit stil. Ek het ingestap en gevra wat aangaan toe sien ek hy het omgekap van die pyn.

Monique Haywood saam met haar baba Juan, haar oudste seun Hendrik, en haar man Henk, in gelukkiger tye

Die suster het my weer uit die kamer gejaag.” Volgens Haywood het die dagpersoneel haar voorts meegedeel dat geen fopspene of melkbottels toegelaat word nie en dat haar vier maande oue baba uit ‘n beker melk moes drink.

Nadat die drup weer geblokkeer het, het Haywood geweier dat haar baba weer aan die trauma blootgestel word. Die verpleegster het haar meegedeel dat sy as ouer geen regte het sodra haar kind opgeneem is nie.z

Gemoedere het opgevlam toe Haywood haar kind uit die pediatriese saal wou ontslaan, en die personeel het die sekuriteit ontbied.

“Gelukkig het die dokter gekom en uiteindelik my kind deeglik ondersoek, waarna my kind ontslaan is.

Volgens die dokter het Juan koliek en verkoue gehad wat dit nie werklik geregverdig het dat hy in die eerste plek opgeneem moes word nie.”

Die Sasolburg-hospitaal is om kommentaar genader, maar het teen druktyd nie gereageer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button