Local newsNewsNews

DBV-inspekteurs aangeval tydens redding

VEREENIGING - Min inwoners besef die reuse uitdagings en lewensgevaar wat inspekteurs van die Vanderbijlpark/Vereeniging DBV gereeld moet trotseer.

Dit was verlede week weer die geval tydens ’n ontstellende reddingspoging in Sebokeng.

Wat begin het as ’n reaksie op ’n oproep oor ’n weerlose blou-apie in die nedersetting, het vinnig in absolute chaos ontaard.

Gemeenskapslede het die dier met klippe bestook, terwyl een individu selfs met ’n windbuks op die apie geskiet het. Benewens die fisiese aanvalle, is klappers in die rigting van die getraumatiseerde apie gegooi.

DBV-inspekteurs het ure lank onverpoos gewerk om die apie teen verdere mishandeling te beskerm. Die situasie het egter lewensgevaarlik geëskaleer toe die skare teen die inspekteurs gedraai en DBV-voertuie met klippe bestook het.

Die polisie (SAPD Sebokeng) moes dringend ontbied word om skarebeheer toe te pas en die orde te herstel.

Teen die tyd dat die polisie opgedaag het, het die skuldiges wat op die apie geskiet en klappers in sy rigting gegooi het, reeds in die skare verdwyn.

Die blou-apie het skuiling in die dag van ‘n woning gesoek. Foto: DBV

Die bang apie het uiteindelik skuiling in die dak van ’n motorhuis op ’n nabygeleë erf gesoek, waar hy veilig gevang kon word nadat die SAPD die erf beveilig het.

Hy is onmiddellik na die Drie Riviere-dierekliniek geneem waar hy vir geringe beserings behandel is. Die apie sal nou by die Johannesburg Wildlife Veterinary Hospital rehabiliteer word voordat hy in die wildernis vrygelaat word.

Die organisasie beklemtoon dat hulle geen steen onaangeroerd sal laat om die skuldiges te identifiseer en aan te kla nie.

’n Beloning van R1 000 word aangebied vir inligting wat tot die suksesvolle arrestasie en vervolging van die verdagtes lei.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button