Local newsNewsNews

Fondsinsameling bereik nuwe hoogtes

Hope pret en plesier by Vaalpark se ouer en onderwyser braai.

VAALPARK – Hoogtevrees is nie jou speelmaat nie! Vra maar vir enigeen wat aan akrofobie ly. Dit is glad nie pret nie. Daarvan kan Nicol Kriel, hoof van Vaalpark Primêre Skool, getuig.

Hy is as deel van die skool se jaarlikse ouer en onderwyserbraai op 11 Februarie met ‘n Cherry Picker meer as 20m in die lug opgeneem om fondse in te samel vir die skool.

Vir die gelukkige sterflinge wat nie ‘n vrees vir hoogtes het nie, klink dit miskien na kinderspeletjies. Maar dit was beslis nie die geval vir mnr. Kriel nie.

Hoewel hy ‘n bok vir sports en dit met ‘n breë glimlag op die kennebak gevat het, het hy stilweg gebieg: “Daar’s niks hiervan wat ek geniet nie. Ek hou nie van hoogtes nie.”

Hans Coetzee, Hoof van die HTS Carel de Wet, was een van die braaimeesters wat hulle braaitange die werk laat doen het.

 

Mev. Cherani Fourie, Gerrie Naude en LJ van der Walt geniet ‘n ligte oomblik
Karah de Bruin en Elín Harding het hulle bene lam geloop om geld vir hul skool in te samel.

Al het Eazy Access hom met ‘n stewige veiligheidsharnas beveilig, het hy maar stilgesit en homself op sy selfoon besig gehou.

Darem het sy brawe opoffering borgskappe ter waarde van R30 000 vir die skool ingebring.

Die skool se leerlingraad het ook tussen die honderde braaimeesters en bywoners rondgeloop om fondse in te samel. Dit was reuse pret!

Skermer silhouette van die Cherry Picker wat mnr. Kriel die lug opgevat het.
Rook van die braaiers het soos ‘n wolk oor die skool se rugbyveld gehang,

 

 

Honderde mense het die braai bygewoon.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button