Local newsNewsNews

Liefde genees ondenkbare wreedheid

WAARSKUWING: NIE VIR SENSITIEWE LESERS NIE. Astrid se storie breek jou hart, maak jou selfs kwaad, maar dit laat jou ook met nuwe bewondering vir haar veggees. Die berig bevat grafiese foto's.

Hierdie pragtige Pitbull was die slagoffer van ondenkbare wreedheid: kookwater is doelbewus oor haar gesig en lyf gegooi. Dit is ’n pyn wat geen mens of dier ooit behoort te ken nie.

Kort ná hierdie vreeslike voorval is sy en haar maat, Sky, aan Vaalpets oorgegee. Toe sy in hul sorg gekom het, was haar beserings baie ernstig, maar haar wil om te lewe was sterker.

Vir die afgelope twee jaar is Astrid omring met liefde, geduld en die beste mediese sorg. Sy het bewys dat sy graag wil lewe. Vandag is sy gesond en veilig by Vaalpets, maar daar is nog een groot droom: ’n eie huis en ’n familie wat haar nooit weer sal seermaak nie.

Astrid is baie vriendelik, vol energie en gereed om jou beste vriend te wees. As jy Astrid die “gelukkige einde” kan gee wat sy verdien, kan jy Vaalpets kontak by 079 140 3041vir meer besonderhede.

Astrid kort na die wrede voorval.
Astrid is ‘n liefdevolle Pittie en kort ‘n liefdevolle familie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button