Local newsNewsNews

Vier jonges sterf weens slaggat in Vanderbijlpark

'n Noodlottige ongeluk in die onbeligte Frikkie Meyer-boulevard het vier jongmense se lewens geëis.

Die Vaal is vir die hoeveelste keer hierdie jaar in rou gedompel nadat vier jongmense tragies gesterf het.

Die ongeluk het gisteraand omstreeks 20:30 in Frikkie Meyer-boulevard plaasgevind toe die bestuurder van ’n bakkie waarskynlik vir ’n massiewe slaggat moes uitswaai en teen ’n boom gebots het.

Die betrokke slaggat was met rioolwater gevul, wat dit in die donker feitlik onsigbaar en lewensgevaarlik gemaak het.

Die slagoffers, almal tussen 20 en 22 jaar oud, het die aand saam by die bestuurder se huis gekuier. Hy het aangebied om sy vriende huis toe te neem, maar die rit het in ’n ramp geëindig toe almal op die toneel dood verklaar is.

Hierdie voorval volg net ’n maand ná die skokkende ongeluk op die R553, waar 14 leerders gesterf het nadat ’n minibus-taxi en vragmotor gebots het.

Raadslid Gerda Senekal van die VF Plus. Foto: VF Plus

“Die VF Plus het toe reeds gewaarsku dat strenger wetstoepassing en dringende aandag aan padveiligheid ononderhandelbaar is,” sê raadslid Gerda Senekal.

“Ons het die gevaarlike toestand van Frikkie Meyer-boulevard herhaaldelik by die Departement van Paaie en Vervoer aangemeld, maar dié waarskuwings het op dowe ore geval,” sê Senekal.

Die party het vanoggend met die burgemeester, Sipo Radebe, en stadsbestuurder, April Ntuli, vergader, en daarop aangedring dat die betrokke slaggat en die straatligte in Frikkie Meyer-boulevard onmiddellik herstel word om verdere tragedies te voorkom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button