Local newsNewsNews

Laaste week om vir Bruid van die Jaar 2025 in te skryf

Vaalweekblad se gewilde Bruid van die Jaar 2025-kompetisie nader sy einde, waarna die 2026-kompetisie sal afskop.

Die laaste week om in te skryf vir Vaalweekblad se Bruid van die Jaar 2025-kompetisie het aangebreek.

Bruide het tot aan die einde van Februarie geleentheid om in te skryf vir die 2025-kompetisie, en onthou, inskrywings is gratis.

Bruide van die Vaal en omliggende dorpe (Vereeniging, Meyerton, Vanderbijlpark, Sasolburg, Deneysville, Parys, Frankfort en Vredefort) wat in 2025 die knoop deurgehaak het, word genooi om deel te neem.

Stuur dus jou mooiste troufoto (alleen, of as troupaar) met die nodige inligting (jul name en van, van watter dorp julle is, en wanneer julle getroud is) aan Penelope by penny@mooivaal.co.za.

Al die 2025 inskrywings sal in Vaalweekblad verskyn en sal ook deurlopend op ons webtuiste beskikbaar wees.

Hier is van die onlangse inskrywings.

Beulah en Kyle Streicher van Vanderbijlpark is op 31 Mei 2025 getroud.
Ruan en Euniece Pienaar van Vanderbijlpark is op 27 September 2025 getroud.
Nicolene en Dewald Esterhuizen van Vanderbijlpark is op 22 November 2025 getroud.
Keenen en Sonic Jatho van Meyerton is op 13 Desember 2025 getroud.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button