Local newsNewsNews

Suksesverhale in misdaadbestryding in die Vaal

Dit is 'n klein oorwinnings in die oorlog teen misdaad wat 'n verskil maak. Gesteelde beeste is weer veilig by hul eienaar en 'n gesoekte verdagte is in hegtenis geneem.

Die afgelope week se suksesverhale in die stryd teen misdaad in die Vaal beklemtoon die resultate wat behaal kan word wanneer privaat sekuriteit en openbare wetstoepassing hand-aan-hand saamwerk.

Veeherwinning in Mooilande

Gedurende die week is ses gesteelde beeste suksesvol in die Mooilande-omgewing teruggevind. Teen ongeveer 02:50 Woensdagoggend het Adjudant-offisier Jonck van die Vereeniging SAPD inligting ontvang rakende moontlike veediefstal wat in die Mooilande-area aan die gang was.

“’n Onmiddellike operasionele reaksie is geaktiveer, waarby verskeie rolspelers betrokke was om die gebied te beveilig en te deursoek,” het polisiewoordvoerder, sersant Thembeka Maxambela, gesê.

Met hul aankoms het lede van die multi-agentskapspan beesspore gevolg na ’n oop veld, waar ses beeste suksesvol gevind is.

Maxambela het bygevoeg dat hommeltuig-tegnologie (drones) ingespan is om die omliggende area te fynkam in ’n poging om die verdagtes op te spoor; geen arrestasies is egter gemaak nie.

Die wettige eienaar van die beeste is gekontak en hy het die beeste, ter waarde van ongeveer R30 000, positief geïdentifiseer.

Geen kriminele saak is geopen nie, aangesien die eienaar bevestig het dat hy tevrede is met die herwinning van sy lewende hawe.

“Ons is trots om te bevestig dat Sekuriteit Sonder Grense gister suksesvol gehelp het met die herwinning van gesteelde beeste. Hierdie operasie beklemtoon die kritieke belangrikheid van vinnige reaksie en strategiese samewerking in die bekamping van veediefstal.”

Die beeste wat teruggevind is. Foto: Verskaf

Hoë-risiko arrestasies

In ‘n tweede voorval het die FCS (Gesinsgeweld, Kindermishandeling en Seksuele Misdrywe-eenheid) van Sedibeng bystand gevra in ‘n hoë-risiko operasie om ‘n gesoekte verdagte op te spoor.

Die FCS Sedibeng het, saam met Sekuriteit Sonder Grense, Sedibeng OCC Infrastruktuur en die Midvaal Wetstoepassingseenheid, die verdagte suksesvol opgespoor en in hegtenis geneem. Die persoon word gesoek vir ‘n ernstige misdaad en het beweerde bande met plaaslike bende-aktiwiteite.

Na die arrestasie het die gesamentlike eenhede die soektog wat daartoe gelei het dat ‘n tweede verdagte in aanhouding geneem is vir die besit van onwettige dwelms en ‘n gevaarlike wapen.

Die wapens en dwelms wat gevind is. Foto: Verskaf

Rolspelers

Die rolspelers wat vinnig opgetree het om arrestasies te verseker, sluit in:

  • Vereeniging SAPD: A/O Jonck en A/O Landman

  • Vaalmarina SAPD: Kapt. Greyling

  • Sekuriteit Sonder Grense

  • Mooilande Landelike Patrolleerders

  • Mooilande Voorsitter: Manna Mitchell

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button