Local newsNewsNews

Brand by Dorp-substasie laat huishoudings weer sonder krag

Daar het vir die hoeveelste keer die afgelope paar jaar 'n brand by die Dorp-substasie ontstaan, wat huishoudings oor groot dele van die dorp in die donker en baie moedeloos laat.

VANDERBIJLPARK – Na aanleiding van die ernstige brand by die Dorp-substasie gisteraand, is gesinne in verskeie woonbuurte steeds sonder elektrisiteit.

As daar na die beeldmateriaal gekyk word oor die brand, is dit duidelik dat groot skade aangerig is. In die verlede het sulke brand daartoe gelei dat groot dele van Vanderbijlpark vir weke sonder krag moes voortsukkel.

Die Dorp-substasie in vlamme. Foto: Verskaf
Die woonbuurte wat tans sonder elektrisiteit is sluit in:
CW 1, 2, 3, 5, 6
Bonanne
Bophelong
Bophelong-uitbreiding
NW7Kleinhoewes
“Ons verwag dat ‘n amptelike kommunikasie later vandag uitgereik sal word, wat waarskynlik beperkte inligting en ‘n verskoning sal bevat. Op hierdie stadium is daar niks verder wat ons kan doen as om te wag nie,” het Gert Cronje, Wyk 10 Wykskomiteelid, mede-inwoners aangeraai.
Hoewel dit verstaanbaar is dat inwoners omgekrap is oor die situasie, word hulle gevra om eerder hul energied daarop te fokus om mekaar te ondersteun en om hierdie tydperk verantwoordelik en veilig te bestuur.

Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit het slegs die volgende inligting gedeel:
The municipality is aware of a power outage affecting consumers supplied from the Town Substation. A team has been dispatched to investigate the cause of the explosion and the extent of the damage.
No ETR can be shared at this stage. Updates will be shared when there are further developments. We apologise for the inconvenience.
* Vaalweekblad sal inligting deel soos dit deurgegee word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button