VANDERBIJLPARK – Tony Knight sing al vir jare Country musiek in Afrikaans en Engels. Nie net is hy gewild onder sy aanhangers nie, maar ook onder die ander Country sangers.
Hy word 70 die jaar en om sy verjaarsdag te vier gaan hy en ander groot name in die bedryf, waaronder Elzé, Colin Dee, Herbie van Zyl en Clive Bruce, ‘n groot partytjie hou, Suid-Afrikaanse Country styl.
Die eerste kunstenaar tree 20:00 op en daarna sal daar geen keer wees aan die lekker kuier en musiek nie. Die groot aand word beplan vir 7 Maart by Sharky Town, Vanderbijlpark.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
