Local newsNewsNews

Gulde geleentheid om Patrick Reed in aksie te sien

Patrick Reed se deelname dra by tot een van die sterkste deelnemersvelde in die geskiedenis van die Joburg Ope.

Patrick Reed, wêreldbekende gholfspeler en 2018 Masters-kampioen, maak vanjaar sy buiging by die Joburg Ope wat van 5 tot 8 Maart by die Houghton-gholfklub plaasvind.

Dit is ‘n gulde geleentheid vir sy aanhangers van die Vaaldriehoek om hom in lewende lywe in aksie te sien. Reed is tans nommer 18 in die wêreld gerang, maar is tans die voorloper op die DP World Tour se “Race to Dubai”.

Reed het sy plek bevestig in ‘n sterk deelnemersveld vir die 18de Joburg Ope, wat gesamentlik deur die Sunshine Tour en die DP World Tour aangebied word.

Reed se reaksie oor deelname

“Die Sunshine Tour was baie ondersteunend vir my eerste reis na Suid-Afrika. Ek sien daarna uit om almal persoonlik te ontmoet en kragte te meet met die manne in die 2026 Joburg Ope. Ek het uitstekende dinge van die Houghton-gholfbaan gehoor en ek weet dit sal ‘n opwindende toernooi van begin tot einde wees,” het Reed in ‘n mediaverklaring gesê.

Reed het reeds twee van die sewe toernooie op die “International Swing” gewen en het in ‘n ander een in ‘n gedeelde tweede plek geëindig.

Hy jaag die bonus van $200 000 (R3 182 000,00) vir die wenner van die “International Swing” na, sowel as vrystelling vir al die DP World Tour se eksklusiewe “Back 9”-toernooie later hierdie seisoen.

Ander name wat tydens die Joburg Ope dopgehou sal word is SA se eie Jayden Schaper, en Engeland se Andy Sullivan, ‘n voormalige Joburg-ope-kampioen.

Die deelnemersveld sluit ook ‘n rits voormalige Joburg-ope-wenners in, waaronder die verdedigende kampioen Callum Hill, asook Thriston Lawrence, Dan Bradbury, Andy Sullivan, Richard Sterne, Shubhankar Sharma en Darren Fichardt.Suid-Afrika se Shaun Norris en Jacques Kruyswijk, wat verlede jaar in die uitspeelstryd teen Hill as naaswenner geëindig het.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button