Local newsNewsNews

Herstelwerk aan Dorp-substasie tans aan die gang

Grootskaalse skade is Sondagaand kort voor middernag aangerig toe 'n brand by die Dorp-substasie uitgebreek het.

VANDERBIJLPARK – Daar word onverpoos herstelwerk gedoen by die Dorp-substasie, maar dit is nie ‘n vinnige proses nie, en inwoners word gevra om geduldig te wees.

“Almal werk onverpoos om die herstel van kragtoevoer te bespoedig. Ons vra om verskoning vir die ongerief,” het Makhosonke Sangweni, woordvoerder van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit gesê.

Honderde huishoudings (veral in die CW-areas, NW 7,Bonanne, Stephanopark en Bopheling) sit reeds sedert Maandagoggens sonder die gerief van elektrisiteit.

Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit het bevestig dat tegnici van die munisipaliteit en Eskom klaar is met die toetsing van ’n vervangingstransformator, en dat werk om krag te herstel voortduur.

Na ’n volledige ondersoek op Maandag, het tegnici bevind dat die skade ernstig is. ’n Groot 30 MVA-transformator en verskeie noodsaaklike kabels is onherstelbaar beskadig en moet vervang word.

Sangwen het bevestig dat die tegnici reeds die installering van die verspreidingsbord (DB) en bekabeling vir die 88kV-beheerkamer voltooi het.

Volledige herstelwerk kan na raming nog ‘n week of meer duur.

Grootskaalse skade is tydens die brand by die Dorp-substasie aangerig. Foto: ELM

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button