NewsNews

Poësie-oggend sorg vir rustige samesyn

Ideaal vir 'n soel somersdag... 'n Oggend in die skadu van 'n ou boom met digbundels in die hand.

VANDERBIJLPARK – Verlede Donderdag het Kunstedraai hul eerste poësie-oggend gehou. Van 11:00 tot 13:00 is daar onder die groot koelteboom gedigte voorgelees, gekuier en gesels.

Franciska van der Merwe sê die gedigte wat voorgelees is het alles ingesluit van die ou digters tot by die nuwerwetse gedigte.

Van die mense het ook hul eie gedigte voorgelees. Madelein Coetzee se gedig, Weesouer, het tot elkeen gespreek.

Dit vang die situasie vas van soveel ouer mense wie se kinders en kleinkinders in ander lande bly en hulle “wees” gelaat het.

Elke gedig het ʼn gesprek ontlont en vele stories is so gedeel. Sy sê hulle hoop om in die toekoms meer sulke dae en ook aande aan te bied.

Toegang is gratis. Indien jy ʼn uitnodiging na die volgende digkuns geleentheid wil ontvang, kontak Franciska op 082 781 8032.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button