Local newsNewsNews

Is jy en woef gereed vir Saterdag?

Honde-eienaars word herhinner aan hierdie naweek se pret saam met hul viervoet-kinders ter ondersteuning van 50 Shades of Spay.

MEYERTON – Yvette Wilde van 50 Shades of Spay bied Saterdag (28 Februarie) die geleentheid aan by die Meyerton Sport- en Ontspanningsklub.

Toegang is slegs R20 per persoon en R20 per hond.

“Dit is ’n laatmiddag-stappie wat spesiaal beplan is om die honde-ouers en hul woefkinderss koel te hou. Daar is ’n keuse tussen ’n 2,5 km- of ’n 5 km-stappie, wat om 17:30 sal begin,” verduidelik Yvette.

Veilige roete

Die roete is veilig en is binne die Meyerton-sportgronde, met verskeie waterpunte langs die pad.

Neem asseblief kennis dat alle honde aan ’n leiband moet wees.

Die hekke open reeds om 16:00 en daar sal ook vermaak wees. Carla, ’n plaaslike sanger en liedjieskrywer, sal optree en ’n paar klein kompetisies sal voor en na die stappery plaasvind.

Daar sal selfs ’n spesiale “honde-spyskaart” beskikbaar wees.

Plaaslike diere-aktivis, Yvette Wilde.
Speelarea vir kinders

“Die venue is uitstaande, en daar is kroeg- en restaurantfasiliteite vir die mense, asook ’n speelarea vir kinders sodat almal so lank as wat hulle wil kan kuier,” sê Yvette.

“Sluit asseblief by ons aan terwyl ons die laaste dag van Februarie in Valentynstyl vier ten bate van die 50 Shades of Spay se veeartsrekening.”

Indien jy ’n ekstra bydrae wil maak, sal ’n sak honde- of katkos opreg waardeer word. Dit sal geskenk word aan die diere wat deur 50 Shades of Spay se maandelikse uitreikprojekte ondersteun word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button