NewsNews

Kom trap saam dat die stof staan

Waar is al die bergfiets entoesiaste? Hierdie een is vir julle!

VREDEFORT – Die Vredefort Koepel is ‘n UNESCO Wêreld Erfenis gebied. Die krater het meer as twee biljoen jaar gelede ontstaan toe ‘n 10km-wye asteroïde die area getref het. 

Dit het ‘n unieke krater veroorsaak wat dit ideaal maak vir bergfietsliefhebbers. Kom deel in die mooi van die area, maar ook die groot uitdaging om daar te ry op 7 Maart.

Die Vredefort Gravel Race bied aan bergfietsryers die geleentheid om ‘n 35km, 67km of 91km resies aan te durf.

Die resies vind by The Edge of the Crater plaas. Registrasie is vanaf 06:00 en die resies begin amptelik om 07:30.

Vir die roetes en inskrywingsvorm, klik hier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button