NewsNews

Geluk by die ongeluk vir Lion Jay

Leon Jacobs, beter bekend as Lion Jay het onlangs baie slegte nuus ontvang.

VEREENIGING – Leon Jacobs, of Lion Jay soos wat hy onder sy aanhangers bekendstaan, was sy hele lewe nog altyd aktief en op ‘n drafstappie. Van sy jare in die polisie tot op die verhoog en sportveld, hy is altyd aan die gang.

Dit was totdat hy siek geword het in Desember. Hy sê hy sukkel al twee jaar met Divertikulitis (ontsteking van die dikderm se sakkies) wat maak dat hy bloei, maar dit het net erger geword.

Onlangs het hy ‘n CT skandering ondergaan waarna die dokter hom verwys het na ‘n spesialis vir ‘n kolonoskopie en gastroskopie. Dit was op 8 Januarie en van daar af het dinge vinnig gebeur.

Leon is na ‘n onkoloog verwys en moes vir vele toetse gaan, waaronder ‘n pynlike beenmurg biopsie. Die uitslag was ‘n skok. Fase 4 gevorderde beenmurgkanker.

Vroeër hierdie maand het hy nood chemoterapie gekry en was vir 12 dae in die hospitaal waar hy 15 eenhede bloed gekry het.

Dit was vir hom erg om te dink hy gaan sy verjaarsdag, 12 Februarie, in die hospitaal deurbring.

Tipies Leon het hy met ‘n plan vorendag gekom. Hy wou die groot liefde in sy lewe, Elmarie Wessels, vra om te trou op sy verjaarsdag. Met die hulp van vriende en die personeel van Mediclinic Vereeniging het hy gekonkel om haar te verras.

Met haar aankoms vir besoektyd was Elmarie verras met blomme, ballonne, eetgoed en die groot vraag, “sal jy met my trou?” Sy het ja gesê en Leon sê hy is nou verlief, verloof en verlore.

“Ons wil so gou as moontlik trou. Ek weet ek het nie baie tyd oor nie. Ons spandeer baie tyd saam, want dit bly maar in mens se agterkop.”

Volgens hom het mense met beenmurgkanker ‘n drie- tot vyfjaar-lewensverwagting met behandeling as dit vroeg gediagnoseer word.

“Ek weet nie hoe lank ek nog het nie, maar ek gaan nie stilsit nie, al is ek hoe moeg.” Hy is steeds besig met sy musiek en baie opgewonde oor sy nuutste vrystelling wat baie goed vaar.

Hy het ‘n cover van die ou bekende Words gedoen. Ek het dit ‘n week voordat ek in die hospitaal beland het opgeneem en dis vrygestel toe ek in die hospitaal was. Binne 10 dae het dit al 20 000 views gehad op Spotify,” vertel hy trots.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button