NewsNews

Ek sê maar net.. Oeps, ek het dit weer gedoen

RUBRIEK - Wanneer mens dinge doen sonder jou bril op...

RUBRIEK – Ek het al gesê my middelnaam is Verstrooid, maar dié een vat die koek.

In Januarie het ek gesien Jan Blohm het ‘n vertoning in Sasolburg. Dadelik die plakkaat van Facebook af met Johan gedeel.

Ons is groot aanhangers van die sanger. Maar, ja, beland ek begin Februarie per ongeluk in die hospitaal.

Begin eers weer die laaste week in Februarie te werk. Jan Blohm vergete.

Totdat ek Donderdag weer die vertoning raak lees op bakkiesblad.

Ek skrik bietjie vir die tyd, 20:00 – 22:00. Dis bietjie laat en op ons ouderdom voel Sasolburg ver.

Boodskap weer vir Johan. “Sal ons Saterdagaand gaan?”

Ons wik en weeg nie lank nie. Ek koop kaartjies aanlyn.

Hoog in my skik dat ek dit van my slimfoon af reggekry het.

Maak selfs ‘n nota in my dagboek vir Saterdagaand.

Saterdagmiddag kyk ons krieket. “Hoe laat sal ons vanaand ry,” vra ek.

“So by 7 uur,” reken Johan.
“Ek sien uit daarna,” sê ek.

“Ek ook,” sê hy. “Ek het nog die prentjie wat jy in Januarie gestuur het.”

Hy hark sy foon nader en soek totdat hy die prentjie kry. Wys dit vir my. Op dié foto staan die datum lewensgroot.

Skielik maak iets glad nie vir my sin nie. Daar staan 27 Februarie. Vandag is 28 Februarie, is dit nie?

Om doodseker te maak, vra ek wat vandag se datum is.

“Die 28ste” sê Johan en toe sien hy wat ek sien. “Gerda, hy het gistraand opgetree!”.

Berge val op my. Heuwels bedek my. Hoe op dees aarde het ek dit nou weer gedoen?

Johan skud kop. “Ten minste het ons nie soos twee idiote Sasolburg toe gery en gaan sit en wag vir hom om op te daag nie.”

“Die geld,” kla ek. “Ons kon eerder gaan prawns eet het.”

Toe lag ons maar oor die affêre, maar volgende keer sit ek bril op voordat ek kaartjies koop. Sela!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button