NewsNews

AGS Sasolburg Suid se alles in een dag

Groot kuier, lekker eet en interessante stalletjies by AGS Sasolburg Suid se markdag.

SASOLBURG – Saterdag het AGS Sasolburg Suid hul Markdag gehou. Dit was egter soveel meer. Vroegoggend het brawe stappers en drawwers al reggestaan vir die 5km pretstap.

Hannelie Kruger en Kotie Arpin by hul La Vie stalletjie. La Vie beteken Lewe.

Die kerkgronde was reeds getooi met helder stalletjies en die reuk van pannekoek en gebraaide wors het in die lug gehang.

Adri de Jager het haar liplekker tuisgebakte beskuit verkoop.

DJ Deon het gesorg dat die musiek die kol tref. Agter ‘n groot tafel naby een van die hekke het Marie en Danie Olivier geduldig gewag vir die stappers om terug te keer. Hulle was in beheer van registrasie, koeldrank en water vir die deelnemers en van die uitdeling van die medaljes.

Ursula en Heinrich Potgieter by hul speelgoedstalletjie.

Elke stalletjie het ander ware ten toon gestel. Van varsgebakte kolwyntjies (cup cakes) tot by tuisgebakte beskuit, speelgoed en handgemaakte juweliersware.

Marie Carlson en Nadia Pretorius. Nadia het ‘n unieke stalletjie van potplanthouertjies wat haar pa maak en sy verf.

Vir die hongeres was daar nie net pannekoek en worsbroodjies nie, maar ook “slap chips” en kerrie en rys.

Van die interessante potplanthouers wat Nadia Potgieter en haar pa maak.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button