Local newsNewsNews

Anton Myburgh bring hulde aan die ‘lorrie manne’

Plaaslike sanger Anton Myburgh spog met 'n splinternuwe enkelsnit.

VANDERBIJLPARK – Plaaslike sanger, Anton Myburgh, se nuwe enkelsnit Lorrie man kan beskryf word as ’n huldeblyk aan die vragmotorbestuurders wat daagliks Suid-Afrika se paaie aandurf en die land aan die beweeg hou.

Lorrie man is geskryf uit die perspektief van ‘n seuntjie wat graag eendag ’n lorriebestuurder wou wees. Kinders is gewoonlik gefassineer deur die groot lorries en harde gedreun van hul enjins.

As volwassenes verstaan mens egter dat die beroep baie opofferings verg. Lang ure weg van die huis, die verlang van geliefdes en die verlange wat saam die lang pad vat.

Dit is hierdie kontras, die bewondering teenoor die realiteit, wat Anton met deernis in Lorrie man vasvang.

“Ek het die lied oorspronklik vir iemand spesifiek geskryf, maar die tema bly universeel. Dit gaan oor hoe geliefd hierdie man is met sy lorrie en sy hooter wanneer hy by die plaas aankom om goed op te tel of af te laai. Daardie oomblik wanneer almal weet: hier kom hy,” vertel Anton.

Die lied skilder ‘n prentjie van ’n man wat met trots en toewyding sy werk doen. Iemand wat niks gehad het nie en met bloed, sweet en trane sy pad gebou het. ‘n Man wie se woord, sy woord is!

“Lorrie man is nie net ’n lied oor vragmotorbestuurders nie; dit is ’n ode aan harde werk, integriteit en opoffering. Dit vier die manne (en vroue) wat die lang paaie aandurf sodat ander hul drome kan leef ,” sê Anton.

Met sy kenmerkende eerlike aanslag en diep gewortelde storievertelling, lewer Anton Myburgh ’n snit wat nostalgie en respek kombineer in ’n kragtige, sing-saam refrein wat lank na die laaste noot nog eggo.

* Vaalweekblad wens Anton geluk met sy nuwe enkelsnit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button