Local newsNewsNews

Moenie wegskram om misdade aan te meld nie!

In die stryd teen misdaad is dit van uiterste belang dat alle misdade, groot en klein, aangemeld word.

Daar word dikwels aangeneem dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en private sekuriteitsmaatskappye ten volle bewus is van misdaadneigings in hul plaaslike gebiede, maar in werklikheid speel die gemeenskap se betrokkenheid ‘n groot rol.

Moet ook nie wegskram om misdade aan te meld omdat jy glo “die polisie gaan niks daaraan doen nie”.

Kyk na die groter prentjie

“Misdaadvoorkoming is ’n gedeelde verantwoordelikheid. Hoewel sekuriteitsbeamptes, tegnologie en patrollies ’n hoofrol speel, maak bruikbare inligting van die publiek dikwels die deurslaggewende verskil tussen die voorkoming van ’n misdaad en die reaksie nadat dit reeds plaasgevind het,” sê Charnel Hattingh, hoof van bemarking en kommunikasie by Fidelity ADT.

Sy waarsku dat om bloot oor ’n rooftog of voertuigdiefstal op ’n WhatsApp-groep te plaas, nie ’n amptelike misdaadaanmelding is nie.

“Hierdie platforms is om vele redes waardevol. As ’n voorval geplaas word, help dit om hulpbronne vinnig te mobiliseer om na oortreders te soek, noodhulp te bied en die gemeenskap te waarsku,” verduidelik sy.

“Maar tensy die misdaad formeel aangemeld word, word dit nie deel van amptelike misdaadintelligensie nie.”

Die groter prentjie waarvan gepraat word sluit wyer aspekte in.

Soos wanneer voorvalle nie aangemeld word nie, word misdaadpatrone nie bespeur nie en gemeenskappe bly kwesbaar. Aanmelding verskaf die nodige inligting om vinniger, slimmer en meer doeltreffend te reageer.

Amptelike polisieverslae ondersteun ondersoeke, verbeter bewysversameling en versterk vervolging.

Wat ook in ag geneem moet word, is dat klein misdade dikwels met die verloop van tyd in meer ernstige kriminele gedrag eskaleer.
Moenie aanneem dat iemand anders dit sal aanmeld nie.

Vir die maksimum doeltreffenheid moet alle voorvalle by die SAPD sowel as sekuriteitsmaatskappy aangemeld word.

“Sekuriteit is op sy sterkste wanneer gemeenskappe, private sekuriteitsmaatskappye en wetstoepassing kragte saamsnoer en saamwerk,” sluit Hattingh af.

Wat moet aangemeld word?

Verdagte individue, gedrag of voertuie.

Mense wat drentel naby huise, landgoedere of besigheidspersele.

Pogings tot inbraak of diefstal.

Vandalisme, kabeldiefstal of gepeuter met infrastruktuur.

Enige ongewone aktiwiteit wat onvanpas voel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button