Bruid van die Jaar: Hier is die Top 10
Vaalweekblad se Bruid van die Jaar 2025 het groot belangstelling gelok met 'n totaal van 130 prag-inskrywings wat ontvang is.
“Dit was verblydend om te sien dat die Vaal en omliggende areas met soveel pragtige bruide kan spog. Dit was egter ‘n moeilke, lang proses vir die paneel om deur die inskrywings te sif en om net die Top 10 bruide te kies,” sê Penelope Muller, organiseerder van die kompetisie.
Lesers sal nou die geleentheid kry om vir die Top 10 te stem.
Die stemproses om die 2025 Bruid van die Jaar te kroon werk so:
Die stemproses skop af op 10 Maart om 08:00.
Die stemproses sluit op 23 Maart om 08:00.
Die publiek kan vir hul gunsteling bruid stem op Vaalweekblad se webtuiste (onder Brides: Bruid van die Jaar 2025).
Die wenbruid sal in die 27 Maart uitgawe van Vaalweekblad aangekondig word.
* Die 2026 Bruid van die Jaar-kompetisie het reeds afgeskop. Bruide kan hul mooiste troufoto (alleen of as troupaar) met die nodige inligting (julle name en van, van watter dorp julle is, en wanneer julle getroud is) aan Penelope by penny@mooivaal.co.za stuur.
Die Top 10:










