Local newsNewsNews

31ste Sasol Sasolburg Marathon: Sowat 3 000 atlete verwag

Sasolburg-inwoners moet kennis neem dat die Sasol Sasolburg Marathon op Saterdag, 28 Maart plaasvind en dat sekere paaie en roetes in die dorp daardeur beïnvloed sal word.

SASOLBURG – Na verwagting sal sowat 3 000 nasionale en internasionale atelete aan die 31ste Sasol Sasolburg Marathon deelneem.

Hierdiegelyk-en-vinnig-roete dien as ‘n kwalifiserende wedloop vir die Comrades en vind op Saterdag, 28 Maart, plaasvind en spog met ‘n reputasie as een van die hoogtepunte op die Suid-Afrikaanse hardloopkalender.

“Sasol is bevoorreg om hierdie gewilde marathon reeds vir meer as drie dekades te borg. Die Sasol Sasolburg Marathon bring elite- en amateurhardlopers van Suid-Afrika en buurlande bymekaar, en gebruik die trefkrag van sport om ‘n gees van eenheid en kompetisie binne ons plaaslike gemeenskap te bevorder,” sê Ntokozo Gcabashe, Senior Visepresident by Sasol se Sasolburg- en Natref-bedrywighede.

Sasol vra alle padgebruikers om asseblief bewus te wees van die wedloop wat deur die strate van Sasolburg gaan beweeg en hul samewerking te geen aan baanbeamptes en Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit se verkeersbeamptes.

Sasol het ook die Sasolburg-gemeenskap, die atlete en sy vennote (die Sasolburg Atletiekklub en Atletiek Vrystaat) bedank wat hierdie geleentheid moontlik maak.

Die roete begin by die DP de Villiers-stadion in Sasolburg en gaan verby sleutelmerkpunte, insluitend die Sasol One-perseel en die Hoëveldse-tuin.

Daar sal elke drie kilometer waterpunte wees wat deur Sasol-werknemers en plaaslike besighede beman gaan word.

Neem asb. kennis dat tydelike lisensies is verpligtend en aanlyn beskikbaar is teen R70.

Die eerste 500 aanlyn-inskrywings sal ‘n gedenk-T-hemp van die 2026 Sasol Sasolburg Marathon ontvang.

Atlete van 60 jaar en ouer kwalifiseer vir ‘n 50%-afslag op alle wedlope behalwe die pretdraf.

Wedlooptye:

  • 42,2 km en 21,1 km: Begin om 06:00

  • 10 km: Begin om 06:15

  • 5 km pretdraf (5 km): Begin om 06:30

Prysuitdeling

Die prysuitdeling vind om 10:00 binne die stadion plaas.

Die mans- en vrouewenners in die Ope-kategorie van die marathon (42,2 km) sal elk R3 000 ontvang. Eerstepryse vir die halfmarathon (21,1 km) is R2 000 en R1 000 vir die 10 km-wedloop. Pryse sal ook aan wenners in verskeie ouderdomskategorieë toegeken word.

Registrasie

  • Aanlyn-voorafinskrywings vir die 42,2 km, 21,1 km en 10 km is beskikbaar tot 25 Maart.

  • Laat inskrywings sal aanvaar word op Vrydagmiddag (13:00 – 18:00) en Saterdagoggend (04:30 – 05:30) voor die wedloop.

  • Internasionale atlete moet bewys van klaring of vrystelling verskaf om deel te neem.

Afsnytye

  • Marathon (42,2 km): 6 uur

  • Halfmarathon (21,1 km): 3 uur

  • 10 km: 2 uur

  • Pretdraf: 1 uur

Medaljes

Alle deelnemers wat klaarmaak binne die kategorieë waarvoor hulle ingeskryf het, sal medaljes ontvang.

Vir meer inligting en die wedloopreëls, kontak asseblief die wedlooporganiseerder by 073 339 6809.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button