Local newsNewsNews

Albie Morkel moet glo miljoene se wins terugbetaal

Die oud-Vaaldriehoeker het geld in 'n eiendomsbeleggingsmaatskappy belê wat uitgedraai het om 'n Ponzi-skema te wees.

VANDERBIJLPARK – Die gebore en getoë Vaaldriehoeker, Albie Morkel word gedagvaar vir R3.3m deur likwidateurs van ‘n “eiendomsbeleggingsmaatskappy” wat as ’n beweerde Ponzi-skema in Suid-Afrika bedryf is.

‘n Sondagkoerant berig dat die voormalige Protea-krieketspeler R350 000 in IPG Properties belê het,  wat deur sakeman Nico le Roux as deel van die skema bestuur is. Volgens hofstukke het Morkel glo 10 betalings ontvang wat altesaam R3.6m beloop het. Die likwidateurs eis nou die dividende van hom.

Sowat 170 beleggers het na beraming R74m in die skema belê.

Le Roux het glo beleggers gewerf by kerkkampe onder die vaandel van sy nie-winsgewende organisasie met beloftes van opbrengste van tot 30% binne drie maande nadat hulle belê het.

Volgens Rapport is ‘n dagvaardiging verlede week uitgereik. Die beleggers het 10 dae nadat die dagvaarding beteken is om verdediging aan te teken, en 20 dae daarna om gronde vir hulle verdediging te gee.

Indien dit nie gedoen word nie en die geld word nie terug betaal nie, kan die likwidateurs die hof vir ‘n verstekvonnis nader en beslag lê op die beleggers se bates.

Le Roux, die direkteur van IPG Properties en IPG Main Sales, is voorheen op 3 Mei 2004 in die Vereeniging-landdroshof op vyf aanklagte van bedrog skuldig bevind. Hy is gevonnis tot ‘n boete van R10 000 of vyf jaar tronkstraf wat opgeskort was vir drie jaar.

Daar word verwag dat Morkel ’n verdediging teen die likwidateurs se eis sal indien, maar hy het nog nie in die openbaar kommentaar oor die saak gelewer nie. Vaalweekblad kon ook nie Morkel of Le Roux vir kommentaar bereik nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button